Bekendstelling: Hester se Brood deur Hester van der Walt
Dit is vir Die Book Lounge en Modjadji Books ‘n groot plesier om jou uit te nooi na die Kaapstadse bekendstelling van Hester se Brood deur Hester van der Walt.
Hester van der Walt sal ‘n gesprek voer met Peter Veldsman, restauranteur van die befaamde Emily’s by die Kloktoring in die Kaapse Waterfront, bekende skrywer, en internasionaal bekroonde chef.
Kom geniet saam met ons ʼn stukkie van Hester se heerlike brood en ʼn glasie Leopard’s Leap wyn, geborg deur Leopard’s Leap.
Hester van der Walt sal gesels oor die boek en daaruit voorlees.
- Datum: Dinsdag, 09 Februarie 2010
- Tyd: 5:30 PM for 6:00 PM
- Plek: The Book Lounge, H.v. Roeland en Buitenkant strate
Kaapstad | Kaart - Gasspreker: Peter Veldsman
- RSVP: booklounge@gmail.com, 021 462 2425
Boekbesonderhede
- Hester se Brood deur Hester van der Walt, illustreerder deur Lies Hoogendoorn
EAN: 9780980272987
Find this book with BOOK Finder!