Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Modjaji Books

@ Sunday Times Books LIVE

Broodbak ook n metafoor vir die lewe in Hester se brood

Hester van der Walt

Hester se BroodPeter VeldsmanHester van der WaltDie wonder van brood is dat dit met eenvoudige bestandele soos meel, water en sout gemaak word en tog kan die wonderlikste, geurigste gebak uit hierdie eenvoud na vore kom.

Dít is beslis deel van Hester van der Walt se fassinasie met brood. Hierdie fassinasie het gelei tot die publikasie van ‘n boek, getiteld Hester se brood, wat broodresepte en vertellinge van Van der Walt se bakkery op McGregor bevat.

Van der Walt het gisteraand by die bekendstelling van die boek by die Book Lounge in Kaapstad gesê sy gebruik baie min suurdeeg vir haar brode. Dit is ook nie die tradisionele soetsuurdeeg nie, maar haar eie skepping. “’n Mens gebruik die minimum,” het sy gesê. “Dit is byna ‘n leuse vir my.” Sy was verbaas oor die resultate wat sy uit hierdie minimum kon kry.

Broodbak is ook ‘n metafoor vir die lewe, het Pieter Veldsman, bekroonde sjef en skrywer, by die bekendstelling gesê. “Dit gaan nie om den brode nie, maar om die brood van die lewe.” As ‘n mens tussen die lyne van Van der Walt se boek lees, gaan dit volgens hom oor “vriendskap, vennootskap en omgee”. Hy het die boek met potlood en liniaal gelees en het in ‘n “beswyming van bewondering” gegaan oor bekoorlike beskrywings soos: “druk kuiltjies in die deeg met jou vingerpunte”.

Van der Walt is nie ‘n opgeleide kok nie, maar het op besonderse brood verlief geraak nadat sy oorsee getoer het. Daarna het haar soeke na die perfekte ciabatta begin. “Ek het baie Italiaanse kookboeke gehad, maar daar was min broodresepte in, want in Italië is daar in elk geval ‘n bakkery om elke hoek en draai. Toe het ek self begin eksperimenteer.”

Aan die einde van haar beroep by die Mediese Navorsingsraad het sy en Lies Hoogendoorn, die illustreerder van Hester se brood, na McGregor verhuis. Aanvanklik het hulle ‘n koffiewinkel bedryf en dit is hier waar hulle vir Niel Jonker ontmoet het. Hy was besig om elders ‘n broodoond te bou en het aangebied om vir Van der Walt ook een te bou. Só is Van der Walt se broodoond, Hestia, gebore.

En Van der Walt het uiteindelik die volmaakte brood gebak. Daarvan kan die gaste, wat by die bekendstelling aan haar brood gesmul het, heelhartig getuig.

Facebook galery

Boekbesonderhede

 

Recent comments:

  • <a href="http://www.modjajibooks.co.za" rel="nofollow">Colleen</a>
    Colleen
    February 10th, 2010 @10:07 #
     
    Top

    I have to confess - I didn't write this, Caroline Meads of BookSA did, thanks Caroline. Thanks too to Peter Veldsman for coming to talk with Hester about her book which he LOVED! And thanks to the Book Lounge for being there and hosting the CT launch or should I say Bekendstelling?

    Bottom
  • <a href="http://helenmoffett.book.co.za" rel="nofollow">Helen</a>
    Helen
    February 10th, 2010 @13:13 #
     
    Top

    It was an enchanting launch, so warm. Peter was the dream interviewer, and something he and Hester talked about was the NBtance of place in bread, writing and community. Loved their idea that the yeasties of the Little Karoo have their own special flavour.

    Bottom

Please register or log in to comment

» View comments as a forum thread and add tags in BOOK Chat